Toerus

VOETSPORE

WEN

NUWE LEWE
Die doel van Stap 1 in die Voetspore-proses is om mense van bekering, wedergeboorte, waterdoop en die doping in die Heilige Gees te leer. Ons beveel jou sterk aan om na die voltooiing van hierdie stap by ‘n selgroep aan te sluit.

VESTIG

VRYMAKENDE WAARHEDE
Die doel van hierdie agt-weke kursus is om die gelowige in die vrymakende waarhede van ons Here en Verlosser, Jesus Christus, te vestig. Die dinamiek van vrymakende, Heilige Gees-geïnspireerde Woordwaarhede is ‘n noodsaaklikheid vir elke Christen wat ‘n lewe van volheid en oorvloed wil lei. As jy nuut tot die Voetspore-reeks is, beveel ons aan dat jy die Nuwe Lewe sessie bywoon.

TOERUS

BYBELSE FONDASIE
Die doel van hierdie kursus is om die nuwe gelowige met ‘n basiese Bybelse fondasie toe te rus. As jy nuut tot die Voetspore-reeks is, beveel ons aan dat jy die Nuwe Lewe en Vrymakende Waarhede-kursus begin.

SBS BYBELSKOOL
Ons is passievol om die Woord te verken en ons gebruik die induktiewe studie metode om chronologies deur die Bybel te werk van Genesis tot Openbaring. Ons werk met dieselfde kurrikulum as ons Bybelskool in Brummeria en dit vorm deel van ‘n drie-jaar kursus, met ‘n vierde jaar wat sending georiënteerd is. Kontak ons by die kerkkantoor as jy wil inval by die kurrikulum wat tans hardloop.

PROFETIESE SKOOL VLAK 1&2 
Ons glo dat God vandag nog profeties met ons praat en hierdie 10-weke skool rig jou op om God se stem te hoor en in gehoorsaamheid daarop te beweeg. Tydens die kursus behandel ons ook deeglike teologie oor profesie, wat die Woord daaroor sê en die waarheid rondom hierdie gawe. Studente wat vlak een voltooi het, sal vlak twee kan bywoon. Kontak ons by die kerkkantoor vir inligting oor hierdie kursus.

STUUR

BEWEEG:
Die doel van hierdie kursus is om gelowiges toe te rus om effektiewe dissipelmakers te wees en so Jesus se Groot Opdrag (Mattheus 28:18-20) te gehoorsaam. As jy nuut tot die Voetspore-reeks is beveel ons aan dat jy met die Nuwe Lewe, Vrymakende Waarhede en Bybelse Fondasie begin. Lees meer oor ons Beweeg-bediening vir sending hier.