Sondae by LWD

Ons besef dit is vir jou belangrik om te weet wat om te verwag as jy kom kuier by ons. So, ons maak dit vir jou maklik.
Hier onder is alles wat jy hoef te weet van wat hier gebeur op 'n Sondag. 

 

OGGENDDIENS 9:00

Die oggenddiens is die hoofdiens van ons week. As jy die hart van Lewende Woord wil verstaan, sou ons aanraai dat jy een van hierdie dienste bywoon. 

 

DIE VERLOOP VAN DIE OGGEND IN 'N NEUTEDOP:

08:55 - Die 5-minute aftel vir die diens begin
09:00 - Verwelkoming en die "groot groet"
09:10 - Aanbidding
09:30 - Offergaweboodskap en opneem van offergawes
09:40 - Die preek
10:15 - Bediening
10:30 - Diens eindig

 

WAT VAN JOU KINDERS?

Moenie bekommer nie, ons het die kerk-ondervinding vir alle ouderdomme! 

Baba's (0-2 jaar oud) - Ons het 'n moederskamer waar ouers saam met baba's kan sit terwyl die diens op die televisie wys. Daar is ook plek vir Mamma om te borsvoed en waar doeke omgeruil kan word. 

Kinders (3-12 jaar oud) - Ons Jam-blikke kinderkerk is die perfekte plek waar jou kind hom-/haarself kan wees én kan leer van God op dieselfde tyd. Ouers kan kinders afgee by die intekentoonbank voor die diens en weer kom haal net na die diens. Let wel: Ouers moet die vrywaringsvorm voltooi voordat kinders kan deelneem aan kinderkerk.

Tieners (12-18 jaar oud) - Plantasie tienersel word elke Sondagoggend aangebied. Die tieners aanbid saam met die hoofgemeente en vertrek dan saam na Blasters waar hulle dissipel word om werklike volgers van Jesus te word. Tieners word geleer om Jesus se stem duideliker te hoor as die wêreld s'n.

 

AANDDIENS 18:00

Die aanddiens is 'n bietjie minder formeel as die oggenddiens. Ons gebruik hierdie dienste om te fokus op die werking van die Heilige Gees. Hierdie dienste is ontwerp om jou op jou gemak te laat voel met alle aspekte van die Heilige Gees in jou lewe. 

 

DIE VERLOOP VAN DIE AAND IN 'N NEUTEDOP:

17:55 - Die 5-minute aftel vir die diens begin
18:00 - Verwelkoming en die "groot groet"
18:10 - Aanbidding
18:30 - Offergaweboodskap en opneem van offergawes
18:40 - Die preek
19:15 - Bediening
19:45 - Diens eindig

 

WAT VAN JOU KINDERS?

Daar is geen kinderkerk of tienersel tydens aanddienste nie, maar die moederskamer funksioneer steeds soos tydens oggenddienste.

HOE KOM JY HIER?

By ons is jy altyd welkom! Ons adres is:

Lewende Woord Durbanville
Cape Gate Decor Centre
Okavango Drive
Brackenfell, 7560

As jy sukkel om ons te kry, bel die kerkkantoor op 021 981 0632.

Hieronder is ook 'n kaart van waar om ons te kry: