Welkom Tuis!

Welkom by Lewende Woord Durbanville

Kan ‘n nasie terugkeer na die Here? Jou antwoord bepaal jou betrokkenheid. Ons is ‘n liefdevolle, Woord-gefundeerde, Koninkryksgemeenskap in die Noordelike voorstede van Kaapstad wat bestaan uit gewone mense wie se lewens konstant getransformeer word deur die liefde, genade en krag van Jesus Christus.

Ons Visie

Die vestiging van ‘n liefdevolle, Woordgefundeerde Koninkryksgemeenskap.

Ons Missie

Om passievolle daders van die Woord te word.

Ons Mandaat

Kan ‘n nasie na die Here terugkeer? Jou antwoord bepaal jou betrokkenheid.

MEER OOR ONS

Wie is Ons?
Lewende Woord Durbanville is een van talle stadsgemeentes regoor Suid-Afrika, gelei deur JC en Louret van Rooyen. By Lewende Woord Durbanville glo ons dat ons deel van God se antwoord vir Durbanville, Kaapstad, die res van die Wes-Kaap en internasionaal is. Ons bediening is daarop gerig om jou gees, siel en liggaam (1 Tess 5:23) op te rig sodat jy jou skeppingsdoel sal uitleef.